My verslete en voosgelese kopie van Jane Yolen se werk “Working Up to Anon” (Anoniem) was ’n uittreksel uit ’n baie oue “The Writer”- tydskrif. Volgens haar is die beste skrywers dié wat regtig daarna streef om deur middel van erkende outeursreëls ’n storie so te vertel dat die fokus eerder op die storie geplaas word en nie op die vermoëns van die skrywer nie.
Ons verhaal gaan oor Jesus, die Verlosser, wat Sy lewe vir ons afgelê het. Saam met ander gelowiges lewe ons vir Hom en deel ons Sy liefde met ander.
Romeine 12:3-21 skets riglyne waarop nederigheid en liefde in ons verhoudings met mekaar as volgelinge van Jesus moet berus. Hoogmoed en oordrewe belangrikheid is taboe. Paulus sê ons moet eerder, in die lig van ons geloof in God, ’n gesonde opinie van ons Godgegewe gawes aanvaar … laat ons ’n warm toegeneendheid teenoor mekaar openbaar, soos tussen familielede, asook ’n gesindheid van erkenning eerder aan die ander persoon as aan jouself. (vs. 3,10).
Trots in ons prestasies van die verlede, kan ons verblind vir die gawes van ander. Arrogansie kan die toekoms vergiftig.
Johannes die Doper wie se verantwoordelikheid dit was om vir Jesus ’n weg te baan, het gesê: “Hy moet meer word en ek minder.” (Joh. 3:30)
 Dit is ’n goeie leuse vir ons almal – Anoniem.