Die Lord Howe Eiland, ’n entjie van Australië se ooskus af, is ’n paradys met wit strande en kristalhelder water. Die skoonheid het my verstom. Hier swem ’n mens saam met seeskilpaaie en glinsterende visse terwyl lieflike neonkleurige see-organismes om jou dryf. In die koraalriwwe swem helder oranje narvisse en geel gestreepte skoenlappervisse nader om jou hand te soen. Die skouspel het my so oorweldig dat ek God geloof het.
Die apostel Paulus verduidelik my reaksie: die skepping openbaar iets van God se aard (Rom. 1:20). Deur die wonderwêreld van die Lord Howe Eiland het ek ’n blik op God se eie krag en skoonheid gekry.
Tydens sy ontmoeting met God het Esegiël “’n troon, en daarop ’n gestalte met die voorkoms van ’n mens” gesien (Eseg. 1:25-28). Die apostel Johannes het God gesien wat soos kosbare edelstene glinster, en om die troon was daar ’n reënboog met die glans van smarag (Op.4:22-3). God openbaar Homself deur Sy goedheid en krag, maar ook deur Sy skoonheid. Die skepping weerspieël hierdie prag nes ’n kunswerk die kunstenaar weerspieël.
Mense vereer dikwels die natuur pleks van God (Rom. 1:25). Dis ’n tragedie. Mag die aarde se kristalwaters en glinsterende kreature ons oë rig op die Een wat agter hulle staan – Hy wat magtiger en mooier is as enigiets anders in die wêreld.