“Wat gaan hier aan?” het ek gewonder toe ek ons skottelgoedwasser oopmaak. In plaas van skitterblink skottelgoed het ek borde en glase wat met ’n krytagtige stof bedek is, uitgehaal. “Is die harde water in ons omgewing hiervoor verantwoordelik of is die masjien stukkend?” het ek myself afgevra.

God se reiniging, wat totaal anders is as die stukkende skottelgoedwasser s’n, was al ons onsuiwerhede weg. Ons sien in die boek Esegiël dat God, deur Esegiël se verkondiging van God se boodskap van liefde en vergifnis, Sy mense terugroep na Hom. Die Israeliete het gesondig, hulle trou aan die gode van ander nasies toegesê. God was egter genadig en het hulle as Sy eiendom terugverwelkom. Hy het hulle belowe: “Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van julle afgodery. Ek sal my Gees in julle gee ... Ek sal sorg dat daar baie vrugte aan die bome is en groot oeste op die lande sodat julle nie weer die ... hongersnood het nie” (vv. 25, 27, 30).

Net soos in die tyd van die profeet Esegiël, verwelkom die Here ons terug na Hom toe wanneer ons afdwaal. Wanneer ons ons aan Sy wil en Sy weë onderwerp, was Hy ons van ons sondes en verander Hy ons. Deur middel van Sy Gees wat in ons woon, help Hy ons om Hom dag ná dag te volg.