Gedurende die laatsomer het ons in die New Forest in Engeland gaan stap. Ons het dit geniet om wilde braambessies te pluk en die perde daar naby dop te hou. Terwyl ek die oorvloed van die soet vrugte geniet het wat reeds baie jare tevore deur ander aangeplant is, het ek aan Jesus se woorde aan Sy dissipels gedink: “Ek het julle gestuur om ’n oes in te samel waaraan julle nie gearbei het nie” (Joh. 4:38).

Ek waardeer die vrygewigheid van God se koninkryk wat in daardie woorde weerspieël word. Hy laat ons die vrugte van iemand anders se arbeid geniet, soos wanneer ons vir ’n vriend van ons liefde vir Jesus vertel, terwyl sy familie – wat ons nie ken nie – reeds jare lank vir hom bid. Ek waardeer ook die grense wat Jesus se woorde impliseer – want ons kan saad plant wat onsself nooit sal oes nie, maar iemand anders wel. Juis hierom mag ons rus in die take wat op ons wag en nie mislei word om te dink dat ons verantwoordelik is vir die uitkoms nie. God se werk hang immers nie van ons af nie. Hy beskik oor al die hulpbronne om ’n oorvloedige oes in te bring, en ons is bevoorreg om deel daarvan te wees.

Ek wonder watter landerye wat gereed is vir die oes strek voor jou uit? En voor my? Mag ons ag slaan op Jesus se liefdevolle opdrag:  “Kyk ... na die lande; hulle is ryp vir die oes” (v. 35).