aan Hom nie. As ons soos daardie mense wil wees wat hul huise op ’n stewige Bo-op die rotsagtige plato wat oor ons tuisdorp uitkyk, staan ’n groot, verligte kruis. Daar is verskeie huise op die omliggende area gebou, maar die eienaars was onlangs verplig om hul huise weens veiligheidsredes te ontruim. Ten spyte daarvan dat die huise naby die stewige rotsbodem van Tafelrots gebou is, is hierdie huise nie veilig nie. Hulle het op hul fondasies geskuif – byna 7 cm per dag – wat die risiko van waterpype wat bars en die verskuiwing kan versnel, meebring.

Jesus vergelyk diegene wat Sy woorde hoor en gehoorsaam met mense wat hul huise op rots gebou het (Luk. 6:47-48). Hierdie huise het tydens storms bly staan. Daarteenoor kan huise wat nie op ’n stewige fondament gebou is nie – soos mense wat Sy onderrig verontagsaam – nie tydens vloede staande bly nie.

Ek wou al dikwels my gewete smoor wanneer ek gereken het God vra meer van my as wat ek gegee het. My redenasie was dat dit tog “amper genoeg” was. Tog het die huise naby die verskuiwende heuwels dit duidelik gemaak dat “amper” glad nie genoeg is ten opsigte van gehoorsaamheid fondament gebou het sodat ons die storms van die lewe wat so dikwels op ons afkom kan weerstaan, moet ons die woorde van ons Here voluit gehoorsaam.