Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David H. Roper

Stokke En Stene

Die psalmdigter was keelvol vir die “oormoedige mense” en die “hovaardiges” (Psalm 123:4). Miskien voel jy ook vandag so. Mense in jou omgewing, by jou werk, in die klaskamer of waar ook al, spot met jou geloof in Christus en die feit dat jy Hom wil volg. Ja, stokke en stene kan ons bene breek, maar woorde kan baie seerder…

Die Krag Van ’n Belofte

Ek dra slegs twee stukke juweliersware, naamlik die trouring aan my vinger en ’n klein kruisie wat om my nek hang. Die ring aan my vinger herinner my aan die belofte wat ek aan my vrou, Carolyn gemaak het en dat ek getrou aan haar moet wees. Die kruis herinner my daaraan dat ek nie net ter wille van haar…

Kortliks

Ek het eenmaal Abraham Lincoln se Gettysburg toespraak nagegaan en agtergekom dat dit minder as 300 woorde bevat het. Dit beteken onder andere dat woorde nie baie hoef te wees om gedenkwaardig te wees nie. Dis een rede waarom ek so baie van Psalm 117 hou. Dis kort en kragtig. Die psalmdigter het alles wat hy wou sê in slegs…

Sonsopgang!

Ons woon in die staat Idaho en volgens een legende kom dié naam van ’n woord in die taal van die Shoshone Indiane “ee-dah-how”. Wanneer dit in Engels vertaal word, beteken dit iets soos “Kyk (behold!) die son wat bokant die berge sy verskyning maak.” Ek dink dikwels daaraan wanneer die son bokant die berge in die ooste verskyn en…

Tyd Om Te Bid?

Een oggend, toe ek nog baie jonk was, het ek in die kombuis gesit en kyk hoe my ma ontbyt voorberei. Onverwags het die vet in die pan, waarin sy besig was om spek gaar te maak, aan die brand geslaan. Vlamme het die lug ingeskiet en my ma het na die spens gehardloop om ’n sak meel te kry…

Bel Buig Neer

Jesaja teken vir ons in Jesaja 46 ’n prentjie van die aanval op Babel en hoe die volk hulle afgode moes wegdra. Die waens waarop die afgode geplaas is, kraak en die arme diere wat die waens trek, kreun en worstel om die vrag te dra (Jes. 46:1). Daarteenoor sê Jesaja dat die Here sy kinders vanaf hulle geboorte dra…

Opstanding En Lewe

Jesus het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe!” Dis maklik om so iets te sê, maar dis iets heel anders om dit te bewys – en Jesus het dit bewys deur uit die dood op te staan. George McDonald skryf die volgende: “As jy glo dat die Seun van God gesterf en uit die dood opgestaan het, is…

Weerhou my van Woede

Ek het ’n vriend wie se visitekaart ’n prentjie van Rodin se bekende standbeeld, The Thinker, op het. Hierdie beroemde standbeeld beeld iemand wat in diepe nadenke verkeer, uit. Onderaan die standbeeld is die inskripsie: “Die lewe is nie regverdig nie.” Ja, dit is beslis nie. Enige teorie wat beweer dat hierdie lewe regverdig is, is ’n illusie en bedrieglik.…

om onsself te vergeet

Ek was verlede somer besig om forelle in ’n nabye rivier te vang toe my aandag getrek is deur ’n vis wat daar naby doenig was. Ek het opgekyk na die vis en toe het ek op die wal ’n bekende persoon raakgesien –’n visterman wat landwyd bekend was as ’n gids vir forelvistermanne. Toe ek Dave Tucker sien, het…

Volkome rus en vrede

Die psalmdigter het “talle benoude ervaringe” (Psalm 71:20) beleef en tog het hy steeds geglo dat God hom weer sou ophef (Revive). Die letterlike betekenis van hierdie woord is om iemand weer “tot lewe te bring.” Die digter gaan voort: “U het ... my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood.” Dan pleit hy: “Herstel my tog…