Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. McCasland

Ritmes Van Genade

’n Vriend en sy vrou, nou in hul negentigerjare en reeds 66 jaar lank getroud, het hul familiegeskiedenis vir hul kinders, kleinkinders en dié se nageslagte opgeteken. Die laaste hoofstuk: “’n Brief van Ma en Pa,” bevat hul eie kosbare lewenslesse. Een van hulle het my na my eie lewe laat kyk: “As jy vind dat Christenskap jou uitput, jou…

Die 15 Minute-Uitdaging

Dr. Charles W. Eliot, eertydse president van die Universiteit van Harvard, het geglo dat as gewone mense gereeld, selfs vir ’n paar minute per dag, uit die wêreld se grootse literatuurwerke lees, kan hulle ’n waardevolle opleiding bekom. Hy het in 1910 uittreksels uit geskiedenis-, wetenskaplike, filosofiese en kunsboeke in 50 volumes – The Harvard Classics – saamgestel. Elke stel…

Alles Wat Ons Nodig Het

Ek voel soms heeltemal ontoereikend om kategete te onderrig, vir ’n vriend raad te gee of vir hierdie publikasie te skryf. Dit lyk dikwels of die uitdaging my vermoëns oortref. Ek het, soos Petrus, baie om te leer.

Hy het gesukkel om die Here voluit te vertrou. Toe hy op die water na Jesus toe loop, het hy gesink (Matt.…

Die Dood Vernietig!

Mediese navorsers soek onvermoeid om geneesmiddels vir kanker, Altsheimer en ander uitmergelende siektes te vind. Maar wat daarvan as jy eendag sou wakker word en die hoofberigte in die koerante lees: DIE DOOD VERNIETIG! Sou jy dit kon glo? Kan jy dit glo? Die Nuwe Testament verklaar uitdruklik dat vir die kind van die Here is die dood finaal vernietig…

Verworpe Lig

In die vroeë oggendure van 21 Desember, 2010 het ek iets ongeloofliks gesien, iets wat laas in 1638 n.C gebeur het, naamlik ’n volkome maansverduistering gedurende die winter sonstilstand. Die skadu van die aarde het stadig voor die skynende maan ingeskuif en dit het ’n donkerrooi kleur aangeneem. Dit was ongelooflik mooi, maar het my daaraan herinner dat alhoewel fisiese…

’n Ondersteunende rol

Nadat die Amerikaanse TV persoonlikheid, Ed McMahon, in 2009 oorlede is, het een koerant die volgende oor hom geskryf. “Wanneer dit nodig was om die nr. 2 posisie te beklee, was hy regtig nr. 1.” Hy was veral bekend as die man wat vir 30 jaar Johnny Carson se ondersteunende hulp was. McMahon het daarin geslaag om Carson te help…

geliefde

’n Vriend het vertel dat sy ouma een van die persone was wat die grootste invloed op sy lewe uitgeoefen het. Selfs nou, gedurende sy volwasse jare, het hy steeds ’n foto van haar op sy lessenaar. “Ek dink regtig dat sy my geleer het hoe om lief te hê,” sê hy. Nie alle mense is bevoorreg om sulke wonderlike,…

Optredes en resultate

Op 24 November 1971 het ’n man, vandag bekend as D. B. Cooper, ’n kommersiële vlug tussen Portland en Seattle geskaak en gedreig om die vliegtuig op te blaas as hy nie die bedrag van $200,000 ontvang nie. Nadat hulle geland het, sodat hy die geld kon ontvang, het hy beveel dat die vliegtuig weer moes opstyg. Hy het ’n…

Om hoop te Vind

Navorsers aan die universiteit van Minnesota het ’n studie gedoen en vasgestel dat 15 persent van die tieners dit as “hoogs waarskynlik” beskou dat hulle voor hulle 35ste verjaarsdag sou sterwe. Dié groep met hierdie negatiewe siening, sal meer geneig wees om roekeloos te lewe. Dr. Iris Borowsky, wat hierdie studie wat in die Pediatrics tydskrif gepubliseer is, gedoen het,…

wees jouself

Terwyl ek moes wag vir ’n roetiene mediese ondersoek by ’n plaaslike hospitaal, het ek ’n muurplaat met ’n beeld van Jesus aan die kruis, opgemerk. Later moes ’n verpleegster sekere administratiewe vrae aan my stel en onder andere of ek enige geestelike probleme het wat ek graag met ’n leraar sou wou bespreek. Ek het gesê dat ek dit…