Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Dave Branon

Noem Jy Dit Goed

Kan ons regtig weet of ons die gebeure in die lewe goed of sleg kan noem? Byvoorbeeld, jou motor breek net voordat jy en jou familie ’n reis wil onderneem. Jy neem dit na ’n motorhawe en die werktuigkundige sê vir jou: “Dis ’n goeie ding dat jy nie gery het nie. Die motor kon aan die brand geslaan het.”…

Hy sê, ons sê

Toe my vrou oor die verloop van die dag nagedink het, het sy ’n insident onthou wat gebeur het, waarby ons kleindogter, Eliana, betrokke was. Sy het die dag by ons gekuier en het in die sitkamer met ’n klompie speelgoed gespeel. Toe sy opgestaan het en na ’n ander kamer wou gaan, het haar ouma gesê: “Eliana, jy moet…

Taai en delikaat

“Enige dwaas kan ’n rusie begin” (Spreuke 20:3). “Die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet” (Spreuke 10:7). “Wie hom nie laat teregwys nie, is ’n dom mens” (Spreuke 12:1). Is dit reg dat God se Woord mense dwaas, dom en ’n huigelaar (Spr. 10:18) noem? Is God dan nie ’n liefdevolle God nie? Ja, beslis, God is…

’n Kruk?

Het jy al gehoor dat twyfelaars beweer die Christelike geloof is niks meer as ’n kruk nie – die enigste rede waarom mense in Christus glo, is omdat hulle swakkelinge is wat hulle eie “godsdiens” moet skep, sodat hulle kan oorlewe? Waarskynlik het daardie twyfelaars nie gehoor van die Christen geneesheer in ’n land in die Verre Ooste wat twee…

ernie se afskeid

Rubriekskrywer, Mitch Albom, het op 30 September 2009 in die Fox Teater in Detroit, Michigan, ’n onderhoud met Ernie Harwell, een van die mees geliefde persone in Amerikaanse sport, gevoer. Harwell het vir meer as 50 jaar as aankondiger vir die Detroit Tigers bofbalspan en ander sportspanne opgetree. Sy vriendelikheid, nederigheid en besondere warmte as uitsaaier, het ’n diepe indruk…

oorbrug die gaping

Twee jongmans, bedag op skelmstreke, het ’n bus wat sendingwerkers vervoer, genader. Dit was in ’n minderbevoorregte voorstad in Duitsland geparkeer. Die sendelinge was daar om kos aan die mense te gee en so ’n geleentheid te kry om die evangelie oor te dra, maar die twee jongmanne met skedelpette op hulle koppe, was daar om kwaad te stook. Die…

mik hoog

Toe my dogter en haar familie ’n tydjie by ons gekuier het, het ek my seun en twee skoonseuns op ’n manne uitstappie geneem. Ons het besluit dat terwyl die vroue inkopies doen, sou ons gaan skyfskiet. Ons het twee pistole gehuur en na ons teikens gemik. Terwyl ons geskiet het, het al vier van ons agtergekom dat een van…

steeds aan die gang

As dit by entoesiasme en energie kom, kan niks of niemand die Diensvennote van RBC, die uitgewers van Ons Daaglikse Brood, oortref nie. RBC het ’n vrywillige program wat Service Partners genoem word, en dit bied persone die geleentheid om hulle tyd en bekwaamhede aan te bied en ons te help om ons roeping en taak te vervul, naamlik om,…

veronderstel net

Ons gemeente se jongmense het hulle bes gedoen om ’n voorstelling van die hemel te maak. Dit was tyd vir die lentefees en die kreatiewe tieners het ligte, sponsrubber en ander materiale gebruik om die atrium in ’n voorstelling van die hemel te omskep. Die tema van die banket was I Can Only Imagine, uit die lied deur MercyMe. Ons…

Daar’s ’n “eks” daarvoor

Onthou jy nog die tyd toe telefone daar was om oproepe te maak? Maar nou, met die koms van die selfoon, het die foon ’n vergaderplek van inligting geword. Daar is rekenaarprogramme toegevoeg en jy kan inligting oor sport verkry, allerhande speletjies speel, toere beplan, ’n woonplek soek – ja nog enige van duisende ander dinge ekstra doen. Inderdaad, 100,000…