Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Anne Cetas

Kosbare naasbestaandes

Toe ek verneem dat Dawid in die kantoor was vir ’n bestuursvergadering, was ek opgewonde. Ons het ’n goeie, gemeenskaplike vriendin gehad, Sharon, wat ’n paar jaar tevore oorlede is. Ons het dus ’n paar minute tyd gehad om oor haar na te dink en te gesels oor haar lewe en haar liefde vir die Here. Hoe heerlik om met…

toon jou kleure

Ek was opgewonde om na die bofbalveld te gaan om na die wedstryd tussen die Detroit Tigers en die Chicago White Sox te gaan kyk. Ek het my Tigers t-hempie met trots aangetrek, maar omdat dit koud was, moes ek ’n trui bo-oor aantrek voordat ek na die stadion gegaan het. Gevolglik was ek nogal teleurgesteld om te dink dat…

’n Lys van bekommernisse

Terwyl ek tydens middagete onder die skadu van ’n boom in my motor gesit het, het ek my oor ’n paar sake bekommer. Toe het ’n rooi wipstertjie met ’n vet wurm in sy bekkie skielik naby my deur gaan sit en opgekyk na my. Die voëltjie het my herinner aan Jesus se woorde in Matteus 6:25-26: “Moet julle nie…

Skuldig aan baie

’n Man het aansoek gedoen vir ’n betrekking en moes ’n vraelys voltooi. Een vraag lui toe: “Was jy al ooit gearresteer?” Hy skryf toe: “Nee.” Die volgende vraag was bedoel vir persone wat “ja” op die eerste vraag geantwoord het: “Waarom?” Die applikant antwoord toe: “Ek is nooit gevang nie.” Hy het geweet hy was skuldig aan baie. So…

Die goeie storie

Persone aan die universiteit van Chicago, het toetse gedoen wat bewys dat mense negatiewe beelde beter as positiewe beelde onthou. Alhoewel mense beweer dat hulle wil wegdraai van al die negatiewe nuus in die media, is dit tog so dat berigte oor tragedies, siektes, ekonomiese ineenstortings en dramatiese gebeure altyd die aandag trek. Katherine Hankey (1834-1911) was meer geïnteresseerd in…

Bring hulle na Jesus

Tydens die gedenkdiens vir David Holquist, het die prediker uit Lukas 18, oor die kinders, voorgelees. Dit was nogal ongewoon, aangesien Holquist 77 jaar oud was, toe hy gesterf het. Nogtans het die prediker gesê dat die woorde uitstekend op David van toepassing was. Hy was vir jare professor en ’n deel van sy nalatenskap was dat hy so baie…

God se toegeneentheid

In 1826 het die Britse skrywer, Thomas Carlyle, met Jane Welsh in die huwelik getree. Sy was self ’n bekwame skryfster. Tog het sy hom heelhartig ondersteun en haarself daaraan toegewy om hom te dien. Aangesien hy aan ’n seldsame maagprobleem gely het, was hy temperamenteel. Hy moes spesifieke soorte kos eet. Sy het alles vir hom voorberei en haar…

Maak my bruin oë blou

’n Jong meisie, Amy Carmichael (1867-1951) het bruin oë gehad, maar sy het so gewens haar oë was blou. Sy het selfs tot God gebid om die kleur van haar oë te verander en toe Hy dit nie gedoen het nie, was sy baie teleurgesteld. Toe sy 20 jaar oud was, het sy gevoel die Here roep haar om sendeling…

Help om liefde te laat toeneem

’n Jong man het aan sy pa gesê: “Pa, ek gaan binnekort trou.” “Hoe weet jy dat jy al gereed is vir die huwelik, Ron?” het sy pa gevra. “ Is jy verlief?” “Ja, Pa, ek is.” Toe vra sy pa: “Maar hoe weet jy dit? Hoe weet jy dat jy regtig verlief is?” “Laasnag toe ek my meisie gegroet…

Die Skoonheid Van Vergifnis

Iets wat aanvanklik as ’n versameling begin het, het gegroei tot ’n moontlikheid om ander te bedien. Larry en Mary Gerbens is al die afgelope 10 jaar besig om artistieke werke oor die Verlore Seun van Lukas 15 te versamel. Hulle versameling sluit ’n skildery van Rembrandt in en heelwat ander artikels van bekende kunstenaars wat hierdie episode uitbeeld. Die…