’n Britse skattejagter het ’n groot hoeveelheid Romeinse muntstukke in ’n veld in die suidweste van Engeland ontdek. Dave Crisp het ’n metaal detektor gebruik en op ’n groot pot afgekom met 52,000 muntstukke daarin. Die antieke silwer en brons geldstukke, wat uit die derde eeu n.C. dateer, weeg meer as 700 kilogram en die waarde word bereken op $5 miljoen. Terwyl Crisp se ongelooflike ontdekking ons miskien laat droom oor die moontlikheid om ook so ’n kosbare skat te ontdek, weet ons dat ons, as Christene, ’n ander tiepe skat najaag. Dit wat ons soek, bestaan nie uit silwer of goud nie. In plaas daarvan soek ons na die kosbare skatte van wysheid sodat ons “diep en volledige insig” kan verkry en so “God se geheimenis kan ken” (Kol. 2:2,3). Die verborge skat van wysheid, om Christus beter te ken, kan slegs in die Bybel gevind word. Daarom het die psalmdigter uitgeroep: “Oor u woord is ek so bly soos iemand wat ’n groot skat in die hande gekry het” (Psalm 119:162). Indien ons gejaagd is wanneer ons God se Woord lees, sal ons die verborge skatte miskyk. Daardie waarhede moet met erns en toewyding gesoek word, net soos wat ’n fortuinsoeker na aardse skatte sal soek. Is jy gretig om die skatte in die Bybel te ontdek? Is dit vir jou erns? Wel, begin dan vandag om te spit! –
Verborge skat
Lees: Kolossense 1:27-2:3 Die Bybel In Een Jaar: n Miga 6-7 n Openbaring 13
In Hom [Christus] is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind. –Kolossense 2:3
Die skatte in God se woord word die beste ontgin deur die graaf van meditasie te gebruik.
Lees God’s Woord noukeurig en let daarop Sodat jy die skatte daarin kan kry. Oordink elke sin, woord en gedagte, Gehoorsaam dit dan, so word jy bevry. –Anon
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized