Engeland se Oorlogsmuseun is gesetel in ’n gebou wat voorheen die Bethlehem Royal Hospital was, ’n tehuis vir verstandelik vertraagdes. Die hospitaal was bekend as Bedlam, die term wat tonele van chaos en geestelike versteurdheid beskrywe. Dis ironies dat die Oorlogsmuseum gesetel is in die gebou wat voorheen die Bedlam tehuis was. Terwyl jy deur die museum stap, hoor jy verhale van heldhaftige en selfopofferende optredes tydens die oorlog, maar ongelukkig ook ontstellende voorbeelde van die mens se onmenslikheid teenoor ander. Daar is uitstallings van menseslagtings en die gruwelike uitwissing van die Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Salomo was bewus van die mens se neiging tot geweld en hy beskryf diegene wat “doen wat sleg is en juig [oor] die wandade” (Spreuke 2:14). Terwyl dit ’n beskrywing van die samelewing is, het die volgelinge van Jesus ’n heel ander gesindheid en tree hulle so anders op. Paulus daag ons uit: “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Romeine 12:21). Christus gesentreerde optrede, soos om ’n morele lewe te lei (vs. 17) ’n vredemaker te wees (vs. 18) en vyande met deernis te hanteer (vs. 20), sal ’n positiewe invloed uitoefen. Indien ons almal so tot God’s eer sou lewe, sou daar baie minder bedlam (chaos) in die wêreld wees.