Elke jaar doen ek iets spesiaal wanneer lente aanbreek. Ek koop miergif. Daardie klein oortreders marsjeer voortdurend ons kombuis binne op soek na ’n krummel of iets anders wat op die vloer lê. Hulle is nie kieskeurig nie. Óf dit nou ’n stukkie artappel, ’n ryskorrel óf slegs ’n stukkie kaas is, hulle geniet dit. Alhoewel miere ’n regte ergenis kan wees, het Salomo hulle geprys vanweë hulle vlyt (Spreuke 6:6-11). Hy het aangetoon dat miere onafhanklik optree. Hulle het nie “’n leier … ’n opsigter of ’n regeerder … nodig nie” (Spr. 6:7). Hulle bly besig al is dit in daardie stadium nie nodig nie. Hulle samel solank voorrade in vir die komende winter (vs. 8). Teen die tyd dat winter aanbreek, is hulle nie bekommerd oor wat hulle sal eet nie. Bietjie vir bietjie het hierdie harde werkers in hulle eie behoeftes voorsien, genoeg om hulle deur die winter te dra. Ons kan baie by die mier leer. Wanneer die Here vir ons tye van voorspoed gee, kan ons voorsorgmaatreëls tref vir die tye wanneer dit nie so goed gaan nie. God is die Voorsiener van alles wat ons nodig het, en Hy gee ons die vermoë om te kan werk. Dis ons plig om ywerig te wees, hard te werk en goeie rentmeesters te wees van dit wat Hy aan ons gegee het. Dan kan ons rustig wees en op God vertrou, want Hy’t beloof om vir ons te sorg (Matt. 6:25-34). Kom ons onthou Salomo se raad: “Gaan kyk na die mier … kyk hoe hy werk en leer by hom” (Spreuke 6:6).
Die Wyse Mier
Lees: Spreuke 6:6-11 Die Bybel In Een Jaar: n 1 Konings 21-22 n Lukas 23:26-56
[Die mier] maak ... sy kosvoorraad reg in die somer, versamel ... sy voedsel in die oestyd. –Spreuke 6:8
Vertrou die Here vir vandag – maar berei ook voor vir môre.
Die nederige mier se harde werk Gee vir ons ’n boodskap van die Heer: Die lente is in aantog, Christen, Werk hard om so jou God te vereer! –Gustafson
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized