Gedurende ’n oefenkamp in die somer, het die afrigters van die rugbyspanne T-hemde gedra, met die doel om hulle spelers aan te moedig en te motiveer. Op elke T-hemp het die volgende woorde verskyn: “Die pyn van dissipline of die pyn van teleurstelling.” Dissipline is moeilik en ons mag probeer om dit te vermy. Maar in sport en ook in die gewone lewe, is pyn dikwels die enigste pad na langtermyn oorwinnings. Wanneer jy reeds in die stryd gewikkel is, is voorbereiding nie meer moontlik nie. Jy is óf gereed vir die uitdagings van die lewe óf jy sal geteister word met “as ek maar net”, “ek moes dit gedoen het” en ander versugtinge wat die gebrek aan voorbereiding kenmerk. Daar is ’n bron wat spyt definiëer as ’n “intelligente en emosionele teësin ten opsigte van persoonlike optredes en gedrag.” Dis pynlik om na ons mislukkings terug te kyk en teleurgesteld te voel in ons nederlae. Dis presies wat die Psalmdigter gevoel het toe hy geskryf het: “Die Goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde” (Psalm 32:10). Deur terug te kyk, het hy gesien dat dit wys is om die Here te vereer sodat jy nie deur spyt en teleurstelling oorval te word nie. Mag die keuses wat ons vandag uitoefen nie in teleurstelling en berou eindig nie, maar eerder wys en Godvererend wees.