Gedurende 2010 het wolke van as uit ’n vulkaan in Ysland uitgespuit en lughawens in die Verenigde Koninkryk en Europa is vir 5 dae gesluit. Meer as 100,000 vlugte is gekanseleer en miljoene mense dwarsoor die wêreld is daardeur getref en het lang vertragings beleef. Persone het belangrike afsprake misgeloop, besigheidstransaksies is gekanseleer en persone het baie geld verloor. Boonop het niemand geweet hoe lank die vertraging sou duur nie. Wanneer al ons planne omvergewerp word, is daar maniere waarop ons die frustrasie en vertraging kan hanteer? Jesaja 26: 3, 4 gee raad en is ’n anker in elke storm van die lewe: “Gee aan hulle vrede … want hulle het hulle vertroue op U gestel … Vertrou altyd op die Here want [Hy] … is ’n veilige toevlug.” Óf ons ’n irriterende situasie beleef, óf met ’n hartverskeurende hartseer te doene kry, die vaste beloftes van die Here is altyd waar. Dis die moeite werd om die beloftes te memoriseer en elke aand voordat jy gaan slaap, te herhaal. Dan sal jy gemoedsrus en vrede vind. Indien jou planne vandag omvergewerp is en teleurstelling jou oorval, onthou dan dat jy steeds op die Here kan vertrou! Is dit waar van jou? Vertrou jy op sy liefdevolle hart en weet jy dat Hy altyd daar is. Is die pragtige Engelse lied van Frances Ridley Havergal Like a River Glorious, vir jou tot troos?