Gedurende die Kaliforniese goud stormloop gedurende die midde 1800’s, het brood met suurdeeg gebak, baie populêr geword. Gedurende die 1890’s tydens die Alaska stormloop, was dit net so in aanvraag. Prospekteerders sou ’n klein porsie suurdeeg, gemeng met natuurlike gis, met hulle saamneem. Hulle kon dit gebruik wanneer hulle hul geliefkoosde suurdeegbrood wou bak. In die Bybel kan suurdeeg egter ook ’n negatiewe betekenis hê. Byvoorbeeld in die Nuwe Testament word suurdeeg soms uitgebeeld as sonde en iets wat ’n korrupte invloed uitoefen. Dis waarom Jesus by geleentheid gesê het: “Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is hulle huigelary” (Lukas 12:1). Skynheiliges kan ook dikwels so ’n vrome front voorhou terwyl hulle hul sondige gedagtes en optrede verbloem. Christus het sy dissipels en ook vir ons gewaarsku dat alle geheime sondes ook eendag aan die lig gebring sal word. Hy het gesê: “Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie” (Lukas 12:2). As gevolg hiervan behoort ons die Here eerbiedig te vrees en Hom te vra om ons die genade te skenk sodat ons ons sondes kan neerlê en opregte gelowiges kan word. Suurdeeg mag baie handig te pas kom in die bakkery, maar dit kan ons ook waarsku om op ons hoede te wees dat sonde nie in ons hart insluip en ons die verkeerde laat doen nie.