Anna Anderson se eggenoot is vroeg oorlede. Hy het haar met 3 klein dogtertjies en ’n moeilike toekoms nagelaat. Alhoewel sy in Virginia opleiding in onderwys ontvang het, was haar kwalifikasies nie voldoende om ’n betrekking in Filadelfia te kry nie. Gevolglik het sy wasgoed ingeneem, klere gestryk en selfs die vloer in ’n groot winkelsentrum geskrop. As ’n AfroAmerikaner, het sy diskriminasie weens rasse vooroordeel ondervind. Toe alle moontlikhede vir haar gesluit is, het sy geglo dat as hulle die Here sou vertrou en Hom in al hulle weë sou erken, sou Hy hulle “die regte pad laat loop” (Spr. 3:5). Sy het haar dogters geleer om op God te vertrou en altyd dankbaar te wees. Toe haar oudste dogter, Marian, ’n internasionaal bekende sangeres geword het, het Anna vir haar gebid en die eer aan God gegee vir die sukses wat Marian behaal het. Verslaggewers het Anna gevra hoe sy voel nadat Marian in 1955 ’n suksesvolle konsert in die Carnegie saal saam met die Metropolitaanse Opera-geselskap aangebied het. Sy het gesê: “Ons dank die Here.” Haar antwoord was nie net woorde nie, maar opregte dankbaarheid teenoor God. In plaas van om te kla oor wat sy nie het nie, het Anna dankbaarheid getoon en dit wat sy gehad het, tot eer van God gebruik. Vandag kan ons haar voorbeeld volg en uit die diepte van ons harte dankie sê.