In November 2009 het ’n skokkende voorval plaasgevind toe ’n ongenooide egpaar die Withuis binnegestap het, terwyl ’n ete gaan die gang was, en selfs naby genoeg gekom het om ’n foto saam met die president van die VSA te laat neem. Dit was ’n skokkende breuk van sekuriteit. Gewoonlik word die agtergrond van elke persoon deeglik nagegaan en die lyste van genooide gaste behoorlik bekyk, sodat ongenooide gaste weggewys kan word. Vandag is daar baie plekke waar ons toegang geweier word. Daar is kennisgewings wat waarsku: SLEGS WERKNEMERS. GEEN TOEGANG, SLEGS GEVOLMAGTIGDE VOERTUIE TOEGELAAT. TOEGANG VERBODE. Niemand hou daarvan om te hoor jy is nie welkom nie. Maar dis ’n feit dat daar altyd plekke sal wees waar ons nie toegelaat word nie. Daarom is ek so dankbaar dat God nie toegang weier aan diegene wat na Hom toe wil kom nie. Diegene wat wil kom, word deur geen “Geen Toegang” borde verhinder nie. God die Vader bied vrye toegang tot Homself, omdat Jesus die pad vir ons oopgemaak het –almal wat Hom aangeneem het (Efes. 2:18). “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11:28). “Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh. 6:37). “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink” (Joh. 7:37). As jy eenmaal na Jesus gekom het, het jy vir altyd vrye toegang. Die deur is altyd oop.
onbeperkte sukses
Lees: Efesiërs 2:11-22 Die Bybel In Een Jaar: n Esegiël 20-21 n Jakobus 5
Deur Hom het ons almal, Jode en nieJode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. –Efesiërs 2:18
God se kinders kan altyd met vrymoedigheid die Vadertroon nader.
Ons gebede styg na die hemeltroon, Ongeag die manier waarop ons bid. Ons Vader hoor as sy kinders roep, Hy luister en verhoor die opregte gebed. –D. De Haan
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized