Die Narnia kinderboeke deur C. S. Lewis, simboliseer die Christelike waarhede. In die verhaal, Prince Caspian, vertel Lewis die storie van ’n tiran wat die troon van Narnia onwettig oorgeneem het. Die tiran se jong nefie, Prins Caspian, het verhale van Narnia se groot koning gehoor, hy wat gesterf en opgestaan het om die mag van die bose te verbreek. Sy oom weier egter om die verhaal te glo. Later ontdek die seun dat die storie wel die waarheid is. Lewis wou graag aantoon hoedat ongelowiges dikwels die verhaal van Christus as ’n fabel beskou. Maar soos baie Bybelse studente van die moderne tyd, was Lewis oortuig dat die geskiedenis die verhaal van Jesus se dood en opstanding as die waarheid bewys het. Die heer, Frederic Kenyon, voormalige direkteur van die Britse Museum, was ook oortuig van die waarheid van die Skrif en dat dit volkome betroubaar is. Hy skryf daaroor: “Sowel die geloofwaardigheid en die algemene integriteit van die boeke van die Nuwe Testament kan as bewese beskou word.” Ook die apostels het vertroue in die geskiedenis van Jesus gehad: “Ons [het] ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien” (2 Petrus 1:16). Ons kan seker wees dat die Bybelse verslag van die Koning van die konings die absolute geskiedkundige waarheid is.