In die VSA word daar meer langafstandoproepe op Moedersdag gemaak, as op enige ander dag in die jaar. Maar op Vadersdag word hoofsaaklik kollekteeroproepe gemaak. Dit wil voorkom asof kinders nog op hulle vaders staatmaak om in hulle behoeftes te voorsien, selfs as hulle al uit die huis en ver weg is. Maar vaders is nodig vir baie meer as net finansiële hulp. Alhoewel Paulus in 1 Tessalonisense 2:10-12 hoofsaaklik na kerkleiers verwys, verduidelik hy dat hulle rol baie met dié van vaders ooreenstem. Hy verklaar: “Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos ’n pa sy kinders.” Die Ou Vertaling praat van vermaan en bemoedig. Ja, vaders het ’n belangriker doel as net om ’n salaristjek huis toe te bring en in finansiële behoeftes te voorsien. Hulle moet ook hulle kinders bemoedig. Die Engelse Bybel gebruik ook die woord charged en dit beteken om te bewaar. Vaders het ’n baie belangrike taak om in die gesin te vervul. Hulle moet vertroos, bemoedig, vermaan en die waarheid van God’s Woord aan hulle kinders deurgee, en nie net deur woorde nie, maar deur hulle hele lewenswyse. En indien ’n vader faal en teleurstel, kan hy ook ’n boodskap uitdra deur te bely en verskoning te vra. Hoe dankbaar behoort ons te wees vir die vaders wat nog die reguit pad loop en die kinders help om “tot eer van God te lewe” (1 Tessalonisense 2:12).
Dankie, Pa
Lees: 1 Tessalonisense 2:1-12 Die Bybel In Een Jaar: Ester 1-2 Handelinge 5:1-21
Net so weet julle ook hoe ons elkeen van julle behandel het: soos ’n pa sy kinders. –1 Tessalonisense 2:11
Goeie vaders weerspieël ons hemelse Vader.
Ons is dankbaar vir ons vaders, Here, Hulle is spesiale gawes wat U skenk. Help ons om eer aan hulle te betoon, En hul met dankbaarheid te gedenk. –Sper
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized