Die pragtige dorpie in Beiere, Duitsland, dra dieselfde naam as ’n plek wat met verskriklike wreedhede assosiëer word – Dachau. ’n Museum op die terrein waar hierdie berugte Nazi konsentrasiekamp geleë was, lok baie geskiedkundiges wat in die Tweede Wêreldoorlog belangstel. Wanneer jy daar rondkyk, sien jy die misleidende woorde wat teen die ysterhek aangebring is: Arbeid Maak Vry. Hierdie woorde was ’n leuen wat bedoel was om valse hoop aan die mense te gee wat na hierdie plek van die dood gebring is. Baie mense leef vandag onder die valse indruk dat hulle ’n plek in die hemel kan verdien deur ’n goeie lewe te lei en goeie werke te doen. God se volmaakte standaard vereis egter ’n volkome sondelose lewe en daar is geen moontlikheid dat enigeen van ons ooit “goed genoeg” kan wees nie. Dit is slegs deur die soenoffer van die Seun van God dat ons regverdig verklaar kan word. Dis deur die offer van Jesus wat “sonder sonde was … [en wat] God … in ons plek as sondaar behandel [het], sodat ons, deur ons eenheid met Christus, … vrygespreek kan wees” (2 Korintiërs 5:21). Die ewige lewe is ’n genadegawe wat God gee en nie iets wat ons kan verdien nie (Efesiërs 2:8,9). Moenie toelaat dat Satan jou mislei en valse hoop gee sodat jy dink dat jy deur goeie werke gered kan word. Dis slegs deur Jesus se soendood dat jy redding kan verkry.
Valse hoop
Lees: Efesiërs 2:1-10 Die Bybel In Een Jaar: 2 Samuel 12-13 n Lukas 16
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. –Efesiërs 2:8,9
Ons word nie deur ons goeie werke gered nie, maar deur die werk van God.
Aanvaar die lering van die wêreld En verlore sal jy wees! Vertrou op God se reddingsplan, En Hy sal jou siel genees! –Branon
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized