William Scoresby was ’n Britse ontdekkingsreisiger in die 19de eeu en hy het op God se roepstem reageer en leraar geword. Hy het egter sy belangstelling in navigasie en kompasse behou, selfs terwyl hy in die bediening gestaan het. Sy navorsing het tot die ontdekking gelei dat alle skepe, wat van staal gebou is, die lesing op kompasse kan beïnvloed – en dit het dikwels tot rampe gelei. Daar is nogal ’n treffende paralel tussen ’n verkeerde lesing op ’n kompas en valse Bybelse lering. In 1 Timoteus 1 waarsku Paulus teen “verdigsels en eindelose geslagsregisters” (vs. 4) – mensgemaakte wysigings aan die leerstellings van God se Woord. Mense wat valse leerstellings verkondig, het as ’t ware “skipbreuk gely” (vs. 19). Twee persone wat die Woord van God opponeer het en valse leerstellings verkondig het, en as ’t ware geestelike skipbreuk gely het, was Aleksander en Himeneus (1 Timoteus 1:20). Vandag word Bybelse waarhede sommer maklik oorboord gegooi en na willekeur verander. Maar ons opinies en sieninge mag nooit die waarheid van die Bybel vervang nie. Die Bybel, nie die mens se verkeerde interpretasie van die Woord, is die riglyn wat elke Christen moet navolg terwyl ons op die wye oseaan van die lewe rondvaar. Wees op jou hoede vir verkeerde en foutiewe interpretasie en mense wat die Woord van God verdraai.