Die 19de Februarie 1942 was ’n besondere dag in Kanada. Dit was “IF DAY” – ’n dag toe ’n skyninval in Winnipeg, Manitoba gedoen is. Die doel was om aan te toon wat sou gebeur indien Kanada onder die wrede juk van die Nazi’s sou beland en om hulle sodoende aan te moedig om die oorlog heelhartig te ondersteun. Iemand het die gebeure so beskryf: “IF DAY het die realiteit van Nazi oorheersing duidelik aan ons getoon. Inwoners van Manitoba het ’n voorsmakie gekry van byna elke aspek van Nazi brutaliteit.” Die sleutelwoord daar is die woordjie byna. Indien If Day die inwoners wou opvoed ten opsigte van die gevare in hierdie wêreld, kon dit nogtans nie naastenby die ellende en vernedering van die inwoners van Europa uitbeeld nie. Ware beproewings in hierdie lewe is nie miskien nie, maar wanneer. Die lewe se belangrikste lesse word nie bekyk nie, dit moet belewe word. Dis wanneer ons hartseer belewe, dat ons ’n beter insig in die lewe, ons geloof en God kry. Daarom skryf Jakobus: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want … as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard” (Jak. 1:2,3). Beproewinge kom, want ons leef in ’n gebroke wêreld, maar ons moet besluit of ons die lesse ter harte wil neem. Daar is geen miskiens nie. Dis ’n belangrike manier waarop ons groei.
“if day”
Lees: Jakobus 1:1-11 Die Bybel In Een Jaar: n Levitikus 25 n Markus 1:23-45
My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want ... as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. –Jakobus 1:2-3
Moeilike tye leer ons om te vertrou.
Al kan jy nie die gevolge sien nie, Vertrou die Here – Hy’s in beheer. Wees verseker Hy sien jou lyding, Hy is by jou, jou God en Heer! –Hess
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized