Die universiteit waar ek as hulpprofessor werksaam is, verskaf skootrekenaars aan studente. Alhoewel hierdie rekenaars studente tot hulp kan wees, het ek nogtans ontdek dat rekenaars ook die leerproses kan hinder. Aangesien studente notas op hulle rekenaars maak, is die rekenaars oop gedurende klasse. Die probleem is dat sommige studente se gedagtes afgelei raak, hulle kontak vriende, gaan in op die internet en ondersoek sake wat vir hulle belangriker as my lesings is. ’n Skootrekenaar kan sy waarde as hulpmiddel verloor as dit vir die student ’n steurnis word en sy aandag weglei – ja, selfs al is dit wat die student op die rekenaar doen, positief. Daar is baie goeie dinge wat presies dit doen en ons aandag weglei van dit waarmee ons op daardie oomblik besig behoort te wees. Dit was waar van Marta. Ons lees “Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak” (Lukas 10:40) en alhoewel haar diens goed was, het dit haar aandag van Jesus weggelei, dit wat vir haar meer nodig was. So kan ’n goeie tydverdryf iets waardevol wees, maar as dit jou weglei van jou verantwoordelikhede teenoor jou familie, jou kantoor, of jou verhouding met die Here, moet jy weer daaroor nadink. Miskien is verandering nodig. Is die opsies in die lewe besig om jou weg te trek van dit wat die belangrikste is? Keer terug is wat nodig is. Dis wat Jesus aan Marta gesê het.