Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het generaal William T. Sherman ’n afdeling manne by die fort op Kennesaw berg agtergelaat om oor die rantsoene te waak. Generaal John Bell Hood van die opposisie, het die fort aangeval en ’n verwoede geveg het plaasgevind. Een derde van Sherman se manskappe is gedood en die generaal in beheer is ernstig gewond. Net toe hy op die punt was om oor te gee het ’n boodskap deurgekom. Generaal Sherman was minder as 50 kilometers van die fort af en het bevestig: “Ons kom. Hou net moed!” Hierdie paar woorde het die verdedigers so bemoedig dat hulle aanhou veg het en die fort is behou.
Ons hemelse Meester het ook aan ons die versekering gegee dat Hy weer kom. Jesus Christus het gesê: “Ek gaan om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14:2,3).
Die feit dat ons Verlosser weer kom, gee ons moed. Dit maak dat ons vasstaan en nie wil oorgee nie. Dit bemoedig ons om aan te hou en die goeie stryd te stry. En dit gee ons die versekering dat die uiteindelike oorwinning ons s’n is.
Hoe geweldige die stryd ook al mag wees en hoe bitter die aanslae terwyl ons Hom dien – ons mag nie ingee nie. Christus kom weer, daarvan kan ons seker wees. Miskien vandag! Is ons gereed vir sy koms? – Richard De Haan