In sy boek, Spiritual Leadership, verken J. Oswald Sanders die
eienskappe en belangrikheid van takt en diplomasie. “Die kombinasie
van dié twee woorde,” sê hy: “laat die gedagte na vore kom, van
vaardigheid in die versoening van uiteenlopende standpunte sonder
om aanstoot te gee en sonder om beginsels te verontagsaam.”
Tydens Paulus se gevangenskap het hy
die geestelike mentor en vriend van ’n
wegloper slaaf genaamd Onesimus, wie se
eienaar Filemon was, geword. Toe Paulus
aan Filemon skryf en hom vra om Onesimus
as ’n broer in Christus te aanvaar was hy ’n
voorbeeld van takt en diplomasie. “Daarom,
al het ek in Christus die volste reg om jou
op jou plig te wys, doen ek liewer ’n beroep op jou op grond van
die liefde … Dit is hy [Onesimus] besonderlik vir my; hoeveel te
meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die
Here” (FILEM. 8-9, 16).
Paulus, ’n gerespekteerde leier van die kerk, het dikwels duidelike
opdragte aan die volgelinge van Jesus gegee. In dié geval
het hy ’n beroep op Filemon, op die grondslag van gelykheid,
vriendskap en liefde, gedoen. “Ek wou niks sonder jou instemming
doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit
vrye keuse” (vs. 14).
Mag ons in al ons verhoudinge streef om harmonie en beginsel,
deur die gees van liefde, te bewaar.