’n Tanzaniese vriendin, Ruth, het ’n visie om ’n stuk verlate land in die hoofstad Dodoma te bekom. Sy het die nood van ’n aantal plaaslike weduwees raakgesien en wil graag die stowwerige stuk grond omskep in ’n plek waar hoenders aangehou kan word en waar daar geplant kan word. Haar visie om mense in nood te help is in haar liefde vir God gevestig en was deur haar Bybelse naamgenoot, Rut, geïnspereer.
God se wette het armes en vreemdelinge toegelaat om, nadat daar geoes is, dit wat tydens die oes op die lande geval het, op te tel (Levitikus 19:9–10). Rut was ’n vreemdeling en was dus toegelaat om koringare op te tel en kos vir haar en haar skoonmoeder te versamel. Die optel van koringare in Boas, ’n familielid, se land, het daartoe gelei dat Rut en Naomi uiteindelik ’n tuiste en beskerming bekom het. Rut het haar vernuf en inspanning gebruik in die dag se werk – om kos op die rande van die land op te tel – en God het haar geseën.
My vriendin Ruth se passie en Rut se toegewydheid wek in my ’n dankbaarheid tot God vir die wyse waarop Hy vir die armes en die verdruktes sorg. Hulle inspireer my om maniere te vind om ander in my gemeenskap te help om sodoende my dankbaarheid teenoor God te betoon. Hoe kan jy God vereer deur ander van Sy genade bewus te maak?