Ons lewensreis kan soms moeilik en oorweldigend wees. Die donkerte kan selfs nimmereindigend voorkom. Tydens so ’n tydperk in ons gesin se lewe het my vrou een oggend na haar stiltetyd gesê: “Ek dink God wil nie hê ons moet dit wat ons in die donker geleer het, in die lig vergeet nie.

Paulus het tot dieselfde gevolgtrekking gekom nadat hy die probleme wat hy en sy span in Asië moes verduur, beskryf het (2 Kor. 1). Paulus wou graag dat sy lesers die wyse waarop God selfs die donkerste oomblikke kan verwyder, verstaan. Hy sê ons word bemoedig sodat ons ander kan bemoedig. (vs. 4). Dit wat Paulus en sy span tydens hulle beproewinge van God geleer het, kon hulle gebruik om die Korintiërs wat deur dieselfde beproewinge in die gesig gestaar is, te bemoedig en met raad te bedien. God doen dieselfde vir ons, as ons maar net wil luister. Hy sal ons van ons beproewinge verlos deur ons te leer hoe om dit wat ons daaruit geleer het te gebruik wanneer ons ander bedien.

Ondervind jy tans ’n donker tydperk in jou lewe? Word bemoedig deur Paulus se woorde en ondervindinge. Vertrou dat God alreeds jou lewenspad rig en Sy waarhede op jou hart afdruk sodat jy dit wat God jou bied met ander wat hulle in soortgelyke omstandighede bevind, kan deel. Jy was reeds daar en jy ken nou die pad huistoe.