Hinds Feet on High Places is ’n voorstelling van die Christelike lewe en is gebasseer op Habakuk 3:19. Die verhaal handel oor die karakter van Much-Afraid wat saam met die Shepherd op reis gaan. Maar Much-Afraid is bang en sy vra dat die Shepherd haar moet dra.

Die Shepherd se antwoord was: “Ek kan jou tot by die Hoë Plekke dra of ek kan jou los sodat jy self tot daar klim. Indien ek jou dra sal jy nooit die krag en die vermoë ontwikkel om my metgesel te word en te gaan waar ek gaan nie.”

Soos Habakuk vra Much-Afraid toe: “Waarom moet ek lyding ervaar? Hoekom is my reis moeilik?”

Habakuk het in Juda in die laat sewende eeu vC geleef. Hy het hom in ’n sosiaal onregverdige gemeenskap bevind en was vasgevang in die vrees van ’n naderende inval deur die Babiloniërs (Habakuk 1:2–11). Hy het God versoek om in te gryp en die lyding te verwyder (1:13). God het geantwoord dat Hy regverdig is, maar in Sy eie tyd sal optree (2:3).

In geloof het Habakuk gekies om God te vertrou. Die profeet het geglo dat God sou volhou om sy sterkte te wees, selfs al het die lyding nie geëindig nie.

Ons kan vertroosting vind in die wete dat God in tye van lyding ons sterkte en helper is en dat Hy ook die mees uitdagendste lewensreise sal gebruik om ons gemeenskap met Christus te verdiep.