Die kerkleierskap het eers gekyk na alles wat God in die verlede in ons kerk gedoen het en toe ’n voorstel vir ’n nuwe gimn., waardeur ons ’n beter diens aan die gemeenskap kon lewer, aan die gemeente voorgelê. Dié span was die eerstes wat hulle finansieel verbind het aan die bouprojek. My aanvanklike gebede het my selfsug verraai. Ek wou nie meer bydra as waartoe ons ons reeds verbind het nie. Tog het ek en my man besluit om vir die projek te bid. Terwyl ons gekyk het na alles wat God steeds aan ons gee, het ons op ’n maandelikse gawe besluit. Ál die gawes van ons gemeente het die hele gebou afbetaal.

Ek is dankbaar vir die vele maniere waarop God die gimn. vir gemeenskapsprojekte gebruik. Ek onthou ’n ander ruimhartige gewer – koning Dawid. Hoewel God hom nie gekies het om Sy tempel te bou nie, het Dawid al sy bronne in die projek belê (1 Kron. 29:1–5). Sy leiers en die volk het ook vrywillig bygedra (vv. 6–9). Die koning het erken dat al hul bydraes eers van God gekom het – die Skepper, Onderhouer en die Eienaar van alles (vv. 10–16).

Wanneer ons erken dat God alles besit, kan ons ons daartoe verbind om oorvloedig, getrou en met dankbaarheid tot voordeel van ander te gee. Ons kan daarop reken dat die Here sal voorsien – selfs om van ander se vrygewigheid gebruik te maak wanneer ons in nood verkeer.