Ek het nog altyd van ’n sterk donderstorm gehou. As kinders het ek en my sibbe, te midde van die brullende donderweer en ’n hewige stortvloed van bo, buite wild rondgehardloop, geglip en gegly. Teen die tyd wat ons ingegaan het, was ons papnat.

Dit was stimulerend – al was dit slegs vir ’n paar minute – om in iets so kragtigs vasgevang te wees dat ons nie juis kon sê of ons dit geniet het of bang was nie.

Dié prentjie herinner my aan Psalm 107, waar die Skrif God se herstel vergelyk met ’n dor land wat in fonteinwêreld verander word (vs. 35). Die soort storm wat ’n woestyn in ’n oase omskep, is nie ’n sagte reënvlaag nie – dit is ’n stortvloed wat elke kraak in die dorre grond met nuwe lewe vul.

Dít is mos die soort herstel wat ons begeer! Wanneer dit voel asof ons verhale slegs ’n koerslose swerftog is omdat ons “honger en dors” – uitgehonger – is na genesing wat blyk te sloer, het ons meer nodig as ’n bietjie hoop. Wanneer ons diepgewortelde sonde ons “in diep duister” gevange hou (vv. 10-11), benodig ons harte meer as ’n bolangse verandering.

Dít is presies die soort transformasie wat ons God bewerk (vs. 20). Dit is nooit te laat om ons vrees en skaamte na Hom, wat ver meer in staat is om ons boeie te breek en ons duisternis met Sy lig te verlig, te bring nie (vv. 13-14).