My man, Alan, moes eenkeer my tweejarige seun, Xavier, soek toe hy agter opgestapelde skoendose in die skoenwinkel wegkruip. Hy het lekker gegiggel toe my man hom vind en sê: “Ek sien jou.”
’n Paar oomblike later het ek gesien hoedat Alan vreesbevange rondhardloop terwyl hy na Xavier roep. Toe sien ons hoedat Xavier al laggende na ’n oop deur wat na ’n besige straat lei, hardloop.
Alan het hom opgeraap en hom omhels terwyl ek huilend God gedank en Xavier op sy wange gesoen het.
Ek het ons eerste kind tydens swangerskap verloor. Nadat God ons daarna met ’n seun geseën het, het ek ’n vreesbevange ouer geword want die skoenwinkel ondervinding het my laat besef dat ons nie altyd ons kind sal kan beskerm nie. Maar ek het vrede ontdek toe ek leer om na my enigste bron van hulp – God – te draai wanneer ek met bekommernis en vrees sukkel.
Ons hemelse Vader sal altyd sy kinders beskerm (Psalm 121:1–4). Ons kan nooit beproewinge, hartseer of verlies ontduik nie. Ons kan wel glo en vertrou dat ons altyd teenwoordige Helper en Beskermer oor ons lewens die wag sal hou (vv. 5–8).
Ons mag soms verlore en hulpeloos voel. Ons mag selfs magteloos voel wanneer ons ons geliefdes nie kan beskerm nie. Maar een ding is seker. Ons alwyse God sal ons — Sy kosbare en geliefde kinders