“Westerlinge het horlosies. Afrikane het tyd.” So het Os Guinness ’n Afrika spreekwoord in sy boek Impossible People aangehaal. Dit het my laat dink aan die kere wat ek op ’n versoek gereageer het met “Ek het nie tyd nie.” Ek het gedink oor die oorheersing van die dringende, en hoe skedules en tydgrense my lewe beheer.
Moses bid in Psalm 90, “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom” (vs. 12). En Paulus skryf, “Wees baie versigtig hoe julle lewe…Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd” (Efesiërs 5:15–16).
Ek vermoed dat Paulus en Moses sou saamstem dat verstandige gebruik van tyd nie net ’n geval is van horlosie dophou nie. Die situasie mag van ons verwag om ’n oorvol skedule by te hou – of dit kan ons noop om aan iemand die uitgebreide geskenk van ons tyd te gee.
Ons het maar ’n vlietende oomblik om ’n verskil vir Christus te maak in ons wêreld, en ons moet dié geleentheid ten volle benut. Dit kan beteken dat ons ons horlosies en beplannings moet ignoreer, terwyl ons Christus se geduldige liefde bewys aan diegene wat Hy in ons lewens bring.
Terwyl ons in die krag en genade van die tydlose Christus leef, behoort ons ons tyd saam vir ewigheid.