Ek was vinnig om elkeen wat in die straat loop en met sy foon besig is, te oordeel. Hoe kan hulle so onbetrokke wees as ’n motor hulle kan raakry ? Gee hulle nie om vir hulle eie veiligheid nie? Maar een dag, terwyl ek verby ’n stegie gaan , was ek so verdiep in ’n teksboodskap, dat ek nie die motor aan my linkerkant gesien het nie. Gelukkig het die bestuurder my gesien en vinnig gestop. Ek het skaam gekry. My eiegeregtige vingerwysings het by my kom spook. Ek het ander geoordeel, net om dieselfde aan hulle te doen.
My skynheiligheid is dit wat Jesus aanspreek in die Bergpredikasie: “Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal” (Matteus 7:5). Ek het ’n reuse “balk” gehad – ’n blinde kol waarmee ek ander met my gebrekkige oordeel geoordeel het.
“… met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word,” het Jesus ook gesê (7:2). Ek het my herinner aan die misnoeë op die bestuurder se gesig toe hy so skielik moes stop, en ek onthou die skewe kyke wat ek ander gegee het, wat verdiep was op hulle fone.
Geeneen van ons is perfek nie. Maar ek vergeet dit soms, wanneer ek so haastig is om ander te oordeel. Ons het almal God se genade nodig.