In my onlangse teksboodskap aan my vrou, Cari, het ek baie van verkorte woorde gebruik gemaak. Die plan was om haar by haar werk op te laai vir die rit huistoe. “Where would you like me to pick you up old gal?” het die teks gelui.

Cori gee nie om dat ek haar “old gal” noem nie – dit is een van die liefdeswoordjies wat ons tuis gebruik. My selfoon het egter nie hierdie vreemde uitdrukking geken nie en in die plek daarvan die woorde “old cow” gebruik.

Gelukkig het Cari onmiddellik verstaan wat gebeur het en dit baie amusant gevind. Sy het later my boodskap op sosiale media gedeel met die vraag: “Moet ek geaffronteer voel?” Ons kon darem albei daaroor lag.

My vrou se reaksie op my onverfynde woorde het my laat dink aan God se liefdevolle begrip van ons gebede. Ons mag dalk nie altyd weet wat om te sê as ons bid nie, of selfs nie waarvoor om te vra nie, maar wanneer ons aan Christus behoort “pleit [die] Gees vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie” (Rom. 8:26), en help ons sodoende liefderyk om ons diepste nood in woorde te omskep en aan Hom voor te lê.

Ons hemelse Vader staan nie op ’n afstand en wag dat ons ons woorde agtermekaar moet kry nie. Ons kan met elke behoefte na Hom toe gaan en verseker weet dat Hy verstaan en ons met liefde sal ontvang.