My eggenoot se maandlange reis het nuwe eise en druk op my daaglikse roetine geplaas. Afgesien van my werk en ’n sperdatum vir ’n persoonlike essay, het die huis, ons kinders wat verveeld tuis was met vakansie en ’n stukkende grassnyer meer druk op my geplaas.
Toe kerkvriende opdaag om te help het ek besef dat ek nie alleen is nie. Die grassnyer is herstel, middagete is voorsien, die wasgoed is gewas, my kinders het by ’n vriendin se kinders gaan kuier. God het deur elk van hierdie vriende gewerk om vir my te voorsien. Hulle was werklik ’n lewende voorbeeld van die soort gemeenskap waarna Paulus verwys in Romeine 12. Hulle was opreg (vs. 9), hulle het die nood van ander bo dié van hulle gestel (vs. 10), met my gedeel toe ek in die nood was en gasvryheid betoon (vs. 13).
Die liefde wat my vriende aan my openbaar het, het daartoe bygedra dat ek my “verbly [het] in die hoop” en “vas [gestaan het] in verdrukking” (vs. 12), te midde van geringe onderonsies tydens die maandlange uitvoering van enkelouer pligte. My broers en susters in Christus het vir my geword wat een vriend genoem het “God met vel om.” Hulle het aan my die soort opregte liefde betoon wat ons aan mekaar verskuldig is, veral aan ons medegelowiges (Gal. 6:10). Ek strewe daarna om meer soos hulle te wees.