Sportentoesiaste hou daarvan om hulle span se lof te besing. Hulle dra logo’s, plaas boodskappe op Facebook, praat met vriende oor hul span en laat geen twyfel waar hulle lojaliteit lê nie. My eie Detroit Tigers se kepse, hemde en gesprekke wys dat ek daar is saam met die met dieselfde lojaliteite.

Ons sportlojaliteite kan ons herinner dat ons mees egte en grootste lojaliteit by ons Here moet lê. Ek dink aan sulke onbeskaamde lojaliteit wanneer ek Psalm 34 lees, waar Dawid ons aandag vestig op Iemand wat beduidend meer onontbeerlik is, as enigiets op aarde.

Dawid sê, “Ek sal die Here altyd weer prys …” (vs. 2), en ons wonder oor die gapings in ons lewe waar God nie ons bron van waarheid, lig en redding is nie. Dawid sê, “…sy lof sal altyd op my lippe wees” (vs. 2), en ons dink aan al die kere wat ons aardse goed meer besing, as wat ons Hom prys. Dawid sê, “Ek sal die roem van die Here sing” (vs. 3), en ons besef dat ons meer spog oor ons klein suksesse as wat Jesus vir ons gedoen het.

Dis nie verkeerd om ons spanne, belangstellings en kundigheid te geniet nie. Ons hoogste lof moet egter aan ons Here gaan. “ Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons sy Naam prys.” (vs. 4).