My vriend , Archie, het tuisgekom na sy vakansie en gesien sy buurman het ’n heining een en ’n half meter binne sy erf opgerig. Etlike weke het Archie met sy buurman probeer saamwerk om die heining te verwyder. Hy het selfs aangebied om helfte van die koste te dra, maar verniet. Archie kon die owerhede nader, maar het hiervan afgesien en toegelaat dat die heining bly. Hy wou iets van God se genade oordra.

“Archie is ’n lafaard!” sou mens sê. Nee, hy was ’n man van uitstaande karakter, maar het genade bo gras verkies.

Ek dink aan Abram en Lot, wat gestry het oor hulle vee wat te veel was. “Die Kanaäniete en die Feresiete het ook nog in die gebied gewoon. Daar het toe ’n getwis ontstaan tussen Abram se veewagters en Lot s’n.” (Genesis 13:7). Lot het die beste land gekies en alles op die einde verloor. Abram het wat oor was gevat en die beloofde land verkry (vv. 12-17).

Ons het regte en ons kan dit opeis, veral wanneer ander se regte ter sprake is. Soms moet ons daarop aandring. Paulus het, toe die Sanhedrin onwettig opgetree het (verwys Handelinge 23:1-3). Ons kan kies om dit opsy te skuif om die wêreld ’n beter manier te wys. Dit is wat die Bybel “nederigheid” noem – nie swakheid nie. Krag onder God se beheer.