In die week voor Kersfees, twee maande na my moeder oorlede is, was vakansie-inkopies en versierings onderaan my prioriteitslys. Ek het my man se pogings weerstaan om my te troos met die verlies van ons diep gelowige matriarg. Ek was nukkerig terwyl my seun Xavier die stringe Kersfeesliggies losgemaak en vasgekram het teen die mure. Sonder ’n woord het hy die koord ingeprop en aangeskakel voor hy en sy pa werk toe is.
Terwyl die gekleurde liggies knipoog, het God my sagkens uit my duisternis gelig. Ongeag hoe pynlik die situasie was, het my hoop geanker gebly in die lig van God se waarheid, wat altyd Sy onveranderlike karakter openbaar.
Psalm 146 bevestig wat God my op daardie moeilike oggend herinner het: my eindelose “hoop [is] gevestig op die Here” my helper, my magtige en genadige God (vs. 5). As Skepper van alles, bly Hy “vir altyd getrou” (vs. 6). Hy “laat reg geskied aan die verdruktes,” deur ons te beskerm en vir ons te voorsien (vs. 7). “Hy ondersteun dié wat bedruk is” (vs. 8). Hy “beskerm” ons, “help” ons, en sal altyd Koning wees. (vv. 9-10).
Somtyds, soos wanneer Kersfees naderkom, sal ons dae gevul wees met vrolike oomblikke. Somtyds sal ons verlies trotseer, seerkry ervaar, of eensaam voel. Maar God belowe deurentyd om ons lig in die duisternis te wees, en bied tasbare en ewigdurende hoop.