In die fabel van die hoender en die vark, oorweeg die twee diere om ’n restaurant saam te begin. Soos hulle die spyskaart beplan, stel die hoender voor dat spek en eiers bedien word. Die vark het beswaar gemaak en gesê:”Nee dankie. Ek sal verbind wees terwyl jy slegs betrokke sal wees.”

Hoewel die vark bereid was om homself aan te bied, is sy verbintenis vir my ’n les, aangesien dit my duideliker wys hoe om God met my hele hart te volg.

Om sy koninkryk te beskerm, het Asa, die koning van Juda, gepoog om ’n verdrag met tussen die konings van Israel en Aram te verbreek. Om dit te bewerkstellig, het hy persoonlike skatte gestuur saam met “silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die Here” om die guns van Ben-Hadad, die koning van Aram te wen (2 Kron. 16:2). Ben-Hadad het ingestem en die gesamentlike mag het Israel afgeweer.

God se profeet Ganani het egter vir Asa dwaas genoem omdat hy op menslike hulp staatgemaak het pleks van op God wat reeds ander vyande in hulle hande laat val het. Ganani bevestig: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (vs. 9)

Soos ons ons eie oorloë en uitdagings aanpak, laat ons onthou dat God ons beste bondgenoot is. Hy versterk ons wanneer ons bereid is om ons algehele verbondenheid aan Hom te “bedien