Nadat God die Tien Gebooie op die berg Sinai aan Moses gegee het, het God vir Moses beveel om drie nuwe feeste vir Sy volk in te stel. Ons lees daarvan in Eksodus 23:14 tot 16. Een daarvan was die fees van die oes. God het gesê dat hierdie fees met die opbrengs van wat op die land gesaai was, gevier moet word.

Vandag doen baie lande iets soortelyks wanneer hulle die land se oorvloed vier. So word daar in Ghana die Yan-fees as ’n oesgeleentheid gevier. In Brasilië is die Dia de Acao de Gracas ’n tyd om dankbaar te wees vir die oeste wat kosvoorrade aangevul het. In China is daar die Mid-herfs of Maanfees. In die VSA en Kanada is dit Danksegging, beter bekend as “Thanksgiving”.

Om die volle doel van ’n oesfees te verstaan, moet ons na Noag se optrede direk ná die sondvloed kyk. God het vir Noag – en vir ons – aan Sy beskikking vir ons florerende bestaan op die aarde, herinner. Die aarde sou nou oor seisoene, dag en nag, saaityd en oestyd beskik (Gen. 8:22). Ons dank vir goeie oeste wat ons onderhou en van voldoende voedsel voorsien, kom God alleen toe.

Ongeag van waar jy woon of hoe jou land se oorvloed en voorspoed ookal gevier word, knyp vandag ’n tydjie af om God daarvoor te dank – want ons sou geen oeste gehad het as dit nie vir Sy grootse wonderlike skepping was nie.