Ek het ’n knop in my keel gehad toe ek my niggie op die vooraand van haar verhuising na Boston Universiteit, Massachusetts, groet. Al was sy as ’n voorgraadse student 4 jaar lank weg van die huis af, het sy nie ons staat verlaat nie. Ons het maklik herenig ná ’n reis van 2Â ½ uur. Dié keer sou sy meer as 1,300 km ver weg wees. Ons sou mekaar nie gereeld sien nie. Ek moes God vertrou om vir haar te sorg.
Paulus het waarskynlik dieselfde gevoel toe hy die ouderlinge van die gemeente in Efese gegroet het. Nadat hy die kerk gestig en hulle drie jaar lank onderrig het, het hy tot die slotsom geraak dat die ouderlinge soos familie was vir hom. Noudat hy op pad was Jerusalem toe, sou hy hulle nie weer sien nie.
Maar Paulus het ’n laaste boodskap vir die Efesiërs gehad. Al sou hulle hom nie meer as hul leermeester hê nie, het die Efesiërs nie verlate gevoel nie. God sou voortgaan om hulle deur middel van “die woord van sy genade ” (Hand. 20:32) te onderrig om die kerk te lei. In teenstelling met Paulus sou God altyd by hulle wees.
Of dit nou kinders is wat ons die wêreld instuur of ander geliefdes is wat verhuis, kan dit soms baie moeilik wees om afskeid te neem. Hulle trek onder ons invloed uit en begin hul eie uwe lewens. Wanneer ons hul hande los, kan ons vertrou dat God hulle in Syne vashou. Hy kan voortgaan om hul lewens te vorm en in hul behoeftes te voorsien – veel meer as wat ons ooit kan.