’n “Gemeenskap” is die plek waar die persoon waarmee jy die minste wil saamlewe leef, sê Henri Nouwen. Dikwels omring ons onsself met die mense waarmee ons die graagste wil leef, hetsy ’n klub of ’n kliek, maar nie ’n gemeenskap nie. Enigeen kan ’n klub stig; maar dit neem genade, gesamentlike visie en harde werk om ’n gemeenskap tot stand te bring.
Die Christelike kerk was die eerste instelling in die geskiedenis om Jode sowel as nie-Jode, mans en vroue, slawe en vryes op gelyke voet saam te snoer. Die apostel Paulus was welsprekend oor hierdie “geheimenis wat vir eeue in God verborge gebly het.” Deur ’n gemeenskap uit diverse lede tot stand te bring, sê Paulus, het ons die geleentheid om die wêreld en selfs die bonatuurlike wêreld daarbuite daarop attent te maak (Efesiërs 3:9-10).
In sommige opsigte het die kerk in hierdie opdrag misluk. Tog, is die kerk een plek wat ek besoek wat geslagte saamsnoer: babas wat nog in hul moeders se arms gehou word, kinders wat kriewel en op al die verkeerde tye giggel, verantwoordelike volwassenes wat ten alle tye weet hoe om gepas op te tree, en diegene wat dalk insluimer as die prediker eentonig preek.
As ons die gemeenskap ervaring wil hê wat God ons bied, het ons rede om ’n gemeente te soek met mense wat “nie soos ons is nie.”