Hollywood musiekblyspele was in die 1950’s en 1960’s uiters gewild, en 3 aktrises in die besonder – Audrey Hepburn, Natalie Wood, en Debora Kerr – het fliekgangers met hul genotvolle vertonings vermaak. Maar ’n groot deel van dié aktrises se aantrekkingskrag was hul asemrowende sang. Trouens, die sukses van dié rolprente was eintlik te danke aan Marni Nixon, wat die stemme vir dié dames oorgeklank het en wat vir  lank geen erkenning vir haar bydrae ontvang het nie.

In die liggaam van Christus is daar mense wat getrou ander, wat ’n meer openbare rol speel, ondersteun. In Paulus se bediening was hy afhanklik van sulke soort mense. Tertius ’n skrywer, was Paulus se kragtige geskrewe stem (Rom. 16:22). Epafras se gebede was ’n noodsaaklike grondslag vir Paulus en die vroeë kerk (Kol. 4:12-13). Lydia het haar huis oopgemaak vir die moeë apostel om te rus (Hand. 16:15). Paulus se werk sou onmoontlik gewees het sonder die ondersteuning van dié mede-diensknegte in Christus (vs. 7-18).

Ons het nie altyd hoogs sigbare rolle nie, maar ons weet dat dit God behaag, wanneer ons gehoorsaam is om ons noodsaaklike rol in Sy plan uit te voer. Wanneer ons “oorvloedig in die werk van die Here” is (1 Kor. 15:58), sal ons waarde en betekenis vind in ons diens wat eer aan God bring en ander Hom sal verheerlik (Matt. 5:16).