“Ek is regtig bang.” Dit is die droewige briefie wat ’n tiener aan haar vriende op Facebook gepos het, toe sy hulle vertel het van haar komende  mediese toetse. Sy het hospitalisasie en ’n reeks prosedures, in ’n stad drie ure van die huis af, in die gesig gestaar en sy het angstig gewag vir dokters om die bron van die ernstige mediese probleme wat sy ondervind, vas te stel.

Wie van ons het óf in ons jeug óf latere jare nie soortgelyke vrese ervaar, toe ons ongewenste gebeurtenisse wat werklik skrikaanjaend was in die gesig gestaar het nie? En waar kon ons om hulp gaan? Watter troos kan ons uit die Skrif vind om ons moed te gee in hierdie soort situasies?  

Die werklikheid dat God met ons, deur ons beproewinge sal gaan, sal ons help om hoop te hê. Jesaja 41:13 sê vir ons, “Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.”

Daarbenewens bied God ’n onbeskryflik vrede, wat alle verstand te bowe gaan, wanneer ons ons probleme in gebed na Hom toe bring (Filippense 4 verse 6 en 7).

Deur Sy onfeilbare teenwoordigheid en “die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan” (vers 7), kan ons die hoop en hulp vind wat ons nodig het om die situasies, waarin ons regtig bang is, te verduur.