Hoewel die wêreld elektronies verbind is soos nooit tevore nie, klop niks persoonlike tyd saam nie. Terwyl ons saam gesels en lag, kan ons dikwels – amper onbewustelik – andere se emosies waarneem deur na hul gesigsbewegings te kyk. Dié wat vir mekaar lief is, familie óf vriende, wil graag van aangesig tot aangesig met mekaar betrokke wees.
Ons sien dié aangesig tot aangesig verhouding tussen die Here en Moses, die man wat God gekies het om Sy volk te lei. Moses het in vertroue gegroei deur die jare wat hy God gevolg het, en voortgegaan om Hom te volg ten spyte van die volk se rebelsheid en afgodery. Na afloop van die mense se aanbidding van ’n goue kalf in plaas van die Here (Eks. 32) het Moses ’n tent buite die kamp opgeslaan waarin hy God ontmoet het, terwyl die volk van ’n afstand moes toekyk (33:7-11). Namate die wolkkolom, wat God se teenwoordigheid aangedui het, op die tent neerdaal, het Moses namens hulle gepraat. Die Here het gevra of Hy met hulle moet saamgaan (v. 14).
Weens die dood van Jesus aan die kruis en Sy opstanding, het ons nie meer iemand soos Moses nodig, wat namens ons met God moet praat nie. In plaas daarvan, net soos Jesus aan Sy dissipels gebied het, kan ons vriendskap met God deur Christus hê (Joh. 15:15). Ons kan met die Here praat soos met ’n vriend.