In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie Eksodus 23:12
Een Sondag staan ek by die borrelende stroom wat deur ons Noord-Londen se woonbuurt vloei. Ek het behae geskep in die skoonheid wat dit aan ons andersins beboude gebied bring. Ek het gevoel hoe ek ontspan terwyl ek na die stroom water kyk en na die voëls se getjirp luister. Ek het ’n rukkie stilgeword om die Here te dank vir Sy hulp aan ons om rus vir ons siele te vind.
Die Here het ’n tyd van Sabbat ingestel -’n tyd vir rus en vernuwing – vir Sy volk in die Ou Nabye Ooste, want Hy wou hê hulle moet voorspoedig wees. Volgens Eksodus, sê Hy vir hulle hulle moet vir ses jaar hul lande saai en die sewende jaar rus. So ook moet daar vir ses dae gewerk word en die sewende gerus word. Sy lewenswyse het die Israeliete afgesonder van ander nasies, nie net vir hulle nie, maar ook die buitelanders en slawe in hul huishoudings, is toegelaat om dié patroon te volg.
Ons kan ons rusdag met verwagting en kreatiwiteit benader, en die kans verwelkom om te aanbid en iets wat ons siele voed te doen, wat sal wissel na gelang van ons voorkeure. Sommige sal graag speletjies wil speel, sommige tuinmaak, andere sal ’n ete met vriende en familie wil deel; sommige sal ’n middagslapie wil neem.
Hoe kan ons die skoonheid en waarde van die afsondering van ’n rusdag herontdek as dit in ons lewens ontbreek?