Ons het geduldig gewerk om ons seun te help om te genees en by sy nuwe lewe met ons familie aan te pas. Trauma uit sy vroeë dae in ’n weeshuis het aanleiding tot negatiewe gedrag gegee. Terwyl ek deernis het vir die swaarkry wat hy eertyds ervaar het, het ek gevoel dat ek emosioneel van hom begin onttrek as gevolg van dié gedrag. Beskaamd het ek my stryd met sy terapeut gedeel. Haar sagte antwoord was: “Hy het jóú nodig om eerste te gaan … om hom te wys dat hy jou liefde waardig is, voordat hy in staat sal wees om so op te tree.”
Johannes neem die lesers van sy brief na ’n ongelooflike diepte van liefde, met verwysing na God se liefde as beide die bron en die rede om mekaar lief te hê (1 Joh. 4:7, 11). Ek erken dat ek dikwels versuim om sulke liefde aan ander te wys, hetsy vreemdelinge, vriende, of my eie kinders. Tog het Johannes se woorde aanleiding gegee tot my hernude begeerte en die vermoë om dit te doen: God het eerste gegaan. Hy het Sy Seun gestuur om die volheid van Sy liefde aan ons te demonstreer. Ek is dankbaar dat Hy nie soos ons reageer, deur Sy hart van ons te onttrek nie.
Hoewel ons sondige optrede nie vir God aanvaarbaar is nie, is Hy onwrikbaar daarin om Sy liefde aan ons te bied (Rom. 5:8). Sy “gaan eerste” liefde dring ons om mekaar lief te hê in reaksie op, en as ’n weerspieëling van dié liefde.