Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by James Banks

Huis Toe Verlang

My vrou het die kamer binnegestap en my met my kop in die kabinet van ons staanhorlosie gevind. “Wat maak jy?” vra sy. “Hierdie ou staanhorlosie ruik net soos my ouers se huis,” het ek verleë geantwoord, terwyl ek die deurtjie toegemaak het. “Ek dink jy kan sê ek het vir ’n oomblik huis toe gegaan.” Die sin van reuk…

U Wil, Nie Myne Nie

Kamil en Joelle was verslae toe hul agtjarige dogter Rima met leukemie gediagnoseer is. Sy het meningitis gekry en daarna ’n beroerte, waarna sy in ’n koma verval het. Met minder as 1% kans op oorlewing, het die mediese span haar ouers aangeraai om begrafnisreëlings te tref.

Die ouers het om ’n wonderwerk gebid. “Wanneer ons bid,” het Kamil gesê,…

Vertrou Hom Eers

“Moet my nie los nie, Pa!”

“Ek sal nie. Ek het jou. Ek belowe.”

Ek was ’n klein seuntjie en baie bang vir die water, nogtans wou my pa my leer swem. Hy het my doelbewus van die kant van die swembad af geneem na ’n diepte waar die water oor my kop kon kom. Daar was hy my enigste…

Nalatenskap Van Liefde

Terwyl ek eendag deur my oumagrootjie se Bybel blaai, het daar skielik ’n kosbare vonds op my skoot geval. Dit was ’n stukkie papier waarop daar in ’n bewerige kinderlike handskrif gestaan het: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle…

Leer Om Te Vertrou

As tiener was ek soms weerbarstig wanneer my ma my probeer bemoedig het om te bly glo. “Vertrou op God. Hy sal vir jou sorg” sou sy sê. “Dis nie so eenvoudig nie, Ma!” sou ek snou. “God help diegene wat homself help!”

Maar die woorde: “God help diegene wat homself help!” kom nêrens voor in die Bybel nie. Trouens,…

Dié Gebed Rig Ons Huiswaarts

Een van die eerste gebede wat ek as ’n klein seuntjie geleer het, was: “Here, ek is ’n kindjie klein, hou my hartjie rein ...” Ek het hierdie gebed by my ouers geleer en dit op my beurt vir my seun en dogter geleer toe hulle klein was. Dit het my as kind diep getroos om, voordat ek aan die…

Tyd As ’n Geskenk

Ek is met groot haas en spoed die poskantoor in. Daar was heelwat dinge op my doenlysie, maar tot my uiterste frustrasie sien ek die lang ry wat tot by die deur strek. “Maak gou en wag!” het ek onderlangs gemompel terwyl ek na my horlosie kyk.

My hand was nog op die deurhandvatsel toe ’n bejaarde persoon my nader.…

Beskutting Teen Die Storm

My Oklohoma vriend, John, het graag tornados gevolg. Hy het die storms versigtig deur middel van radio kontakte en radar opgespoor en hulle verwoestende pad goed dopgehou sodat hy skielike rigting-veranderings aan mense wat in die tornado se pad is, kan deurgee.

Eendag het ’n tregtervormige wolk so vinnig van koers verander dat John hom skielik in groot moeilikheid bevind…

Verklaring Van Afhanklikheid

Laura se ma was ’n kankerlyer. Een oggend het Laura saam met ’n vriendin, ’n serebraal-verlamde, vir haar ma gebid. Haar vriendin het gebid: “Here, U doen alles vir my. Doen asseblief alles vir Laura se moeder.”

Laura was diep getref deur haar vriendin se verklaring van afhanklikheid van God en het haarself afgevra: “Hoe dikwels erken ek dat ek…

Nederige Liefde

Toe Benjamin Franklin jonk was, het hy ’n lys van twaalf deugde waarna hy strewe, opgestel. Hy het dit aan ’n vriend gewys,wat voorgestel het dat hy “nederigheid” byvoeg. Franklin het daarvan gehou en ’n paar riglyne bygevoeg om hom te help. Vir sy idees oor nederigheid, het hy Jesus as voorbeeld gebruik.

Jesus wys ons die volmaakte voorbeeld van…