Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Cindy Hess Kasper

Roem En Nederigheid

Menige van ons het ’n obsessie met roem - óf om beroemd te wees óf om elke detail van bekende mense te volg. Verskynings op laatnag vertonings. Miljoene volgelinge op Twitter. In ’n onlangse studie in die VSA het navorsers die name van bekende individue, met behulp van ’n spesiale ontwikkelde algoritme wat die Internet deursoek, op ’n ranglys geplaas.…

Ons Veilige Hawe

My heel eerste werk was by ’n kitskos-restaurant. Een Saterdagaand het ’n man om my rondgedraai, en bly vra hoe laat ek klaarmaak. Dit het my ongemaklik gemaak. Terwyl dit al later word, het hy skyfies bestel, toe ’n drankie, sodat die bestuurder hom nie uitgooi nie. Hoewel ek nie ver weg gebly het nie, was ek bang om alleen…

Skat In Die Hemel

As kinders het ek en my twee sussies daarvan gehou om langs mekaar op ma se sederhout-linnekis te sit. Ons woltruie en ouma se borduur- en hekelwerk was in die kis bewaar. Ma het baie waarde geheg aan die inhoud van die kis en het op die reuk van die sederhout staatgemaak om motte af te skrik en weg te…

Totsiens Vir Nou

Ek en my kleindogter Allyssa het ’n vasgestelde roetine wanneer ons groet. Met ons arms om mekaar huil ons met dramatiese snikke vir so twintig sekondes. Dan treë ons weg en sê: “Totsiens.” Ten spyte van ons lawwe speletjie verwag ons om mekaar gou weer te sien.

Maar soms kan die pyn van afskeid van dié vir wie ons omgee…

Dien En Word Bedien

Baie mense het vir Marilyn tydens haar lang siekbed ondersteun en bemoedig. Sy het gewonder hoe sy hulle goedhartigheid kan vergoed. Maar toe kom sy op die woorde van ’n geskrewe gebed af: “Bid dat ander ’n nederigheid sal ervaar wat hulle sal toelaat om nie net te dien nie, maar ook om bedien te word.” Marilyn het besef dat sy net…

Groei Verg Tyd

Op haar eerste dag in die kleuterskool is Charlotte gevra om ’n prent van haarself te teken. Haar kunswerk was ’n eenvoudige bol vir die liggaam, ’n langwerpige kop en twee sirkels vir die oë. Op haar laaste dag daar moes Charlotte weer ’n selfportret skets. Dié keer het sy ’n dogtertjie in ’n bont rok, ’n glimlaggende gesig met…

Die Daaglikse Gebed

Die sanger/liedjieskrywer Robert Hamlet het “Lady Who Prays for Me” as ’n huldeblyk aan sy ma geskryf. Sy het ’n punt daarvan gemaak om soggens vir haar seuns te bid. Nadat ’n jong ma Hamlet hoor sing het, het sy haar daartoe verbind om vir haar eie seuntjie te bid. Die gevolge was verblydend! Net voordat hy by die deur…