Thomas Barnado wou graag ’n mediese sendeling in China word en het in 1865 by die mediese skool van Londen Hospitaal ingeskryf. Hy het gou ’n diepe nood in sy eie omgewing ontdek – die vele kinders wat op straat geleef en gesterf het. Hy was vasbeslote om iets omtrent die aaklige situasie te doen en het in Londen se Ooseinde huise vir behoeftige kinders laat oprig. So is ongeveer 60,000 kinders van armoede en ’n moontlike vroeë sterfte gered. Die teoloog John Stott het na Barnado verwys as “die weldoener van straatkinders.”   Â

Jesus het gesê: “… moet (die kindertjies) nie verhinder om na My toe te kom nie … die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle” (Matt. 19:14). Dink net hoe verras die skare en die dissipels moet gewees het! Kinders is in die antieke wêreld dikwels as onwaardig geag en uit die lewe gerangeer. Jesus het egter die kinders verwelkom, geseën en hoog geag.

Jakobus het Christus se volgelinge uitgedaag: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders … in hulle moeilike omstandighede by te staan” (Jak. 1:27). Ook in ons tyd loop kinders van elke sosiale strata, etnisiteit en gesinsopset gevaar vanweë verwaarlosing, mensehandel, mishandeling, dwelms …. Hoe kan ons hierdie kinders wat Jesus verwelkom, versorg en so ons liefdevolle Vader eer? Â